Idiome en Spreekwoorde
Wat is die verskil tussen idiome, spreekwoorde, spreuke en aanhalings?
Spreuke
'n Spreuk, bv. dié van Salomo en Langenhoven, bevat altyd 'n sedeles.
Hoe korter jy jou kuier maak, hoe gouer sal jy weer genooi word.
~ C.J. Langenhoven
Spreekwoorde
'n Spreekwoord is 'n stukkie waarheid of wysheid wat in die volksmond ontstaan het en wat as ‘n algemene waarheid beskou word.
Hy staan met sy een voet in die graf. Betekenis: Hy is so na aan die dood asof sy een voet reeds in die graf is.
Idiome
'n Idioom is ook 'n spreekwoord, maar het gewoonlik 'n dieper betekenis wat uit die tradisies, geskiedenis en leefwyse van 'n volk gegroei het. Dis waarom idiome in Afrikaans nie noodwendig in Engels beskikbaar is nie. Dit is nie altyd moontlik om die betekenis van 'n idioom uit die woorde af te lei nie, en maak baie gebruik van figuurlike spraak.
Jy kan dit vir die bobbejane vertel. Betekenis: Ek glo dit nie
Piet is been-af op Sannie Betekenis: Piet is verlief op Sannie.
A | B | C | D | E | F | G | H | I | J | K | L | M | N | O | P | Q | R | S | T | U | V | W | X | Y | Z
A
| Van A tot Z- Van begin tot end | a |
| Wie A sê, moet ook B sê.- wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou. | a / b |
| Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld.- Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp. | aambeeld / hamer |
| Dit kom nie daarop aan nie.- Dit maak nie saak nie. | aan |
| Iets staan iemand nie aan nie.- Iemand hou nie van iets nie. | aan / staan |
| Ek wil weet waar ek aan of af is- ek wil weet wat my posisie is | aan / af |
| Af en aan.- By tye | aan / af |
| Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.- Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse. | aand / môrepraatjies |
| Iemand se aandele styg/daal by iemand anders.- Iemand kry 'n gunstiger/slegter indruk van iemand anders. | aandele |
| Iets aandik- oordryf | aandik |
| Aangeklam wees- (effens) dronk wees | aangeklam |
| Van aangesig tot aangesig met iemand praat- 'n persoonlike gesprek met iemand voer | aangesig |
| Jou brood in die sweet van jou aangesig eet- baie swaar 'n bestaan maak | aangesig / sweet / brood |
| Hoog by iemand aangeskrewe staan- in iemand se guns wees | aangeskrewe / hoog |
| Aanhouer wen.- Deur aan te hou, bereik 'n mens jou doel. | aanhouer / wen |
| As dit daarop aankom.- As dit nodig mag wees. | aankom |
| Iemand nie aankyk nie.- Nie aandag aan iemand gee nie / Iemand ignoreer | aankyk |
| Hoog in aansien wees- Hooggeag wees | aansien |
| Iemand van aansien wees- iemand wees wat hoë agting in die gemeenskap geniet | aansien |
| Sonder aansien des persoons- sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al | aansien / persoons |
| Aanstaltes maak- voorbereidsels tref / met iets begin | aanstaltes |
| Iemand (in) sy/haar eer aantas.- Iemand se naam kwaad doen. | aantas / eer |
| As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek- as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas | aantrek / skoen / pas |
| Iets te veel aanvoor.- Te veel onderneem | aanvoor |
| Iemand vir die aap hou.- Iemand vir die gek hou. | aap |
| Jy lyk 'n mooi aap (om iets te doen)- Jy sal dit nooit kan regkry nie. | aap |
| Die aap kom uit die mou.- Nou is die geheim verklap, bekend. | aap / mou |
| Iemand aapstert gee- Iemand 'n pak slae gee | aapstert |
| Jou klein aapstert!- Jou klein bog! | aapstert |
| Dit lyk of die aasvoëls hom beetgehad het.- Sy klere is stukkend | aasvoëls |
| Aan iemand se adres gerig- spesiaal bedoel vir 'n bepaalde persoon | adres |
| Ek wil weet waar ek aan of af is- ek wil weet wat my posisie is | af / aan |
| Af en aan.- By tye | af / aan |
| Die spit afbyt- die gevaarlikste of moeilikste werk (of die vuil werk) doen. | afbyt / spit |
| Agterbaks wees.- Agter iemand se rug gaan. | agterbaks |
| Hy hou 'n agterdeur oop.- Hy sorg dat daar 'n loskomkans is. | agterdeur |
| Die agterhoede dek.- Waak teen 'n aanval van agter. | agterhoede |
| 'n Agtermekaar kêrel.- 'n Staatmaker. | agtermekaar |
| Agterstevoor suinig wees.- Geld te bespaar op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge. | agterstevoor / suinig |
| Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.- Hy pak alles aan, maar maak van niks 'n sukses nie. | ambagte / ongelukke |
| Die argument hou nie meer steek nie- die argument geld nie meer nie. | argument / steek |
| Hy stap met sy siel onder die arm rond.- Hy het niks te doen nie. | arm / siel |
| Armoede leer bene kou.- Armoede maak jou vindingryk. | armoede |
| Hy sit op die ashoop.- Hy is baie moedeloos. | ashoop |
B
| Wie A sê, moet ook B sê.- wie met 'n ding begin het, moet daarmee aanhou. | b / a |
| Dit sit my in die bed.- Dit begryp ek nie. | bed |
| met die verkeerde been / voet uit die bed klim- in 'n slegte bui opstaan | bed / been / voet |
| met die verkeerde been / voet uit die bed klim- in 'n slegte bui opstaan | been / voet / bed |
| Steen en been kla- baie kla | been / steen |
| Die strydbyl begrawe- vrede sluit. | begrawe / strydbyl |
| 'n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie- 'n geskenk moet jy nie kritiseer nie. | bek / perd |
| Hy het die saak ter berde gebring- Hy het die saak opgehaal | berde / saak |
| Son in die weste, luiaard op sy beste- as dit laat word, is die luiaard die fluksste | beste / son / weste / luiaard |
| 'n Bitter pil om te sluk- 'n moeilike ding om te verwerk. | bitter / pil / sluk |
| Bloed kruip waar dit nie kan loop nie.- Jy doen vir jou familie die meeste. | bloed |
| Aan die vrugte ken 'n mens die boom.- Jou dade wys wie jy is. | boom / vrugte |
| Dis 'n goeie sluk op 'n bottel.- Dis baie | bottel / sluk |
| Die breë pad- die pad na die verderf. | breë / pad |
| My rug is breed- ek kan baie laste dra; ek kan baie verdra | breed / rug |
| Jou brood in die sweet van jou aangesig eet- baie swaar 'n bestaan maak | brood / sweet / aangesig |
| As die vlooie byt, moet jy krap.- As dit nie anders kan nie, moet jy maar. | byt / vlooie |
C
D
| Hy voeg die daad by die woord.- Hy doen dadelik wat hy gesê het. | daad / woord |
| Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou. | deksel / pot / skeef |
| Jou vuurdoop deurstaan- die moeilike aanvanklike toets slaag | deurstaan / vuurdoop |
| Dis 'n spyker in sy doodkis.- Dit sal sy dood verhaas. | doodkis / spyker |
| Iets uit jou duim suig- iets versin. | duim / suig |
E
| Iemand (in) sy/haar eer aantas.- Iemand se naam kwaad doen. | eer / aantas |
F
G
| Praatjies vul geen gaatjies nie- met 'n blote gepraat rig 'n mens nie veel uit nie. | gaatjies / praatjies |
| Elke voël sing soos hy gebek is- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte | gebek / voël / sing |
| Gedane sake het geen keer nie.- As iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie. | gedane / sake |
| My geheue speel my parte- my geheue laat my in die steek | geheue / parte |
| Die mens wik; God beskik- die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë. | god / wik |
H
| Hy hamer altyd op dieselfde aambeeld.- Hy praat gedurig maar oor dieselfde onderwerp. | hamer / aambeeld |
| Een voël in die hand is beter as tien in die lug.- Dis beter om tevrede te wees met 'n bietjie waarvan jy seker is, as om baie waarvan jy onseker is in die hande te probeer kry. | hand / voël |
| Hy slaan sy hand aan die ploeg.- Hy begin werk. | hand / ploeg |
| Gee 'n man die pinkie, dan vat hy die hele hand- gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee. | hand / pinkie |
| Jy moet hare op jou tande hê- jy moet jou man kan staan. | hare / tande |
| Weet hoe die vurk in die hef steek- presies weet hoe sake staan | hef / vurk |
| Geen vinger verroer om iemand te help nie- niks doen om iemand te help nie | help / vinger |
| Hy slaan 'n hoë toon aan.- Hy verveel hom baie. | hoë / toon |
| Met die honde blaf en die wolwe huil- met almal saampraat. | honde |
| Wors in 'n hondestal soek- iets soek waar jy dit nie sal kry nie. | hondestal / wors |
| Hoog by iemand aangeskrewe staan- in iemand se guns wees | hoog / aangeskrewe |
| Dit sal gebeur as die perde horings kry.- Dit sal nooit gebeur nie. | horings / perde |
I
J
K
| Iemand rot en kaal steel- al die besittings van iemand steel | kaal / rot / steel |
| 'n Ou voël met kaf probeer vang- 'n bedrewe persoon probeer kul | kaf / voël / vang |
| Almal of alles oor een kam skeer- almal of alles op dieselfde manier behandel, sonder om enige onderskeid te maak | kam / skeer |
| Lyk soos 'n vlieg wat in karringmelk geval het- spierwit aangetrek wees | karringmelk / vlieg |
| 'n Padda in die keel hê- hees wees. | keel / padda |
| Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)- ander word berispe vir foute wat jy self maak. | ketel / pot / verwyt |
| Die kinders sit en tande tel- die kinders sit en luister wat die grootmense praat. | kinders / tande |
| Hy klap uit die skool.- Hy verraai geheime. | klap / skool |
| Jy sit soos 'n uil op 'n kluit- jy sit daar so eensaam | kluit / uil |
| gaan 'n uiltjie knip- gaan bietjie slaap | knip / uiltjie |
| Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)- die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesê van 'n identiese tweeling) | koljander / vinkel |
| Hy hou darem nog kop bo water- hy sorg dat hy nie ondergaan nie | kop / water |
L
| Hy lag in sy vuis.- Hy lag stilletjies. | lag / vuis |
| Iets met lang tande doen- iets teësinnig doen | lang / tande |
| Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol)- gesê van iemand wat baie praat, maar min doen. | lawaai / wol |
| Jou dae in ledigheid slyt- nooit 'n steek werk verrig nie. | ledigheid / slyt |
| Skoenmaker, hou jou by jou lees- bepaal jou by dit waarvan jy iets weet en moenie jou bemoei met dinge waarvan jy geen benul het nie | lees / skoenmaker |
| Om die waarheid te sê, moet ek lieg- ek kan werklik nie met sekerheid sê nie. | lieg / waarheid |
| Hy is altyd links van die regering- hy is altyd teen die stroom op | links / regering |
| Son in die weste, luiaard op sy beste- as dit laat word, is die luiaard die fluksste | luiaard / son / weste / beste |
M
| Sy is uitgeknip haar ma- sy lyk net soos haar ma | ma / uitgeknip |
| Twee harde stene maal nie.- Twee hardkoppige mense kom nie goed oor die weg nie. | maal / stene |
| Die lewe is nie net rosegeur en maanskyn nie.- Die lewe het ook maar sy moeilikhede. | maanskyn / rosegeur |
| Hy dra water in 'n mandjie aan.- Hy probeer wat onmoontlik is. | mandjie / water |
| Vlerksleep by 'n meisie- by 'n meisie kuier om haar liefde te wen | meisie / vlerksleep |
| Hy het die mistrap deur die vingers gesien.- hy het toegelaat dat (die oortreding) gebeur, sonder om iets te doen | mistrap / vingers |
| Met 'n mond vol tande sit- beteuterd sit en niks praat nie. | mond / tande |
| Hoe rooier hoe mooier- rooi trek aandag. | mooier / rooier |
| Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie.- Hy bly nie by wat hy sê nie. Hy praat nie altyd eenders nie en verander sy sienswyse. | môrepraatjies / aand |
| Die aap kom uit die mou.- Nou is die geheim verklap, bekend. | mou / aap |
N
| Jou twak is nat- jy sal dit nie regkry nie, dit sal misluk. | nat / twak |
| Die strop om die nek hê- pas getroud wees (grappige konteks) | nek / strop |
| Hy is 'n man van twaalf ambagte en dertien ongelukke.- Hy pak alles aan, maar maak van niks 'n sukses nie. | ongelukke / ambagte |
| Die perke oorskry- te ver gaan. | oorskry / perke |
| Dis net die oortjies van die seekoei- wat aan ons bekend is, is slegs 'n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem | oortjies / seekoei |
| Oos wes, tuis bes- in jou eie huis is jy die gelukkigste. | oos / wes / tuis |
| Moenie alles vir soetkoek opeet nie.- moenie alles glo nie | opeet / soetkoek |
| Hy het pluisies in sy ore.- Hy let nie op nie. | ore / pluisies |
| Hy is ouer as twaalf- jy kan hom nie sommer fop nie. | ouer / twaalf |
| Jou ouma die paplepel leer vashou- iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy. | ouma / paplepel |
O
P
| Pa staan vir iets- die verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. | pa |
| Alle paaie lei na Rome- 'n mens kan jou doel op verskillende maniere bereik. | paaie / rome |
| Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word- (hulle vryheid) sal beperk moet word | paal / perk / vryheid |
| Dit staan soos 'n paal bo water- dit is duidelik en ongetwyfeld | paal / water |
| Die breë pad- die pad na die verderf. | pad / breë |
| Die smal pad- die pad na die ewige lewe. | pad / smal |
| 'n Padda in die keel hê- hees wees. | padda / keel |
| Van 'n padda vere probeer pluk- die onmoontlike probeer vermag | padda / vere / pluk |
| As dit pap reën, moet jy skep- benut die geleentheid terwyl dit daar is. | pap / skep |
| Jou ouma die paplepel leer vashou- iemand iets probeer leer wat eintlik meer van die saak weet as jy. | paplepel / ouma |
| Iemand met die paplepel voer- iemand werktuiglik en bietjie vir bietjie iets leer | paplepel |
| My geheue speel my parte- my geheue laat my in die steek | parte / geheue |
| As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek- as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas | pas / skoen / aantrek |
| 'n Gegewe perd moet jy nie in die bek kyk nie- 'n geskenk moet jy nie kritiseer nie. | perd / bek |
| Dit sal gebeur as die perde horings kry.- Dit sal nooit gebeur nie. | perde / horings |
| Trou is nie perdekoop nie- trou is 'n ernstige stap. | perdekoop / trou |
| Bly sit met die gebakte pere- bly sit met ander se moeilikheid. | pere |
| Jou pêrels voor die swyne werp- iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie | pêrels / swyne |
| Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word- (hulle vryheid) sal beperk moet word | perk / paal / vryheid |
| Die perke oorskry- te ver gaan. | perke / oorskry |
| Sonder aansien des persoons- sonder om onderskeid te maak op grond van mense se stand, besittings, vermoëns of wat ook al | persoons / aansien |
| 'n Bitter pil om te sluk- 'n moeilike ding om te verwerk. | pil / bitter / sluk |
| Gee 'n man die pinkie, dan vat hy die hele hand- gesê van iemand wat alles wil hê as jy hom iets gee. | pinkie / hand |
| Hy slaan sy hand aan die ploeg.- Hy begin werk. | ploeg / hand |
| Hy het pluisies in sy ore.- Hy let nie op nie. | pluisies / ore |
| Van 'n padda vere probeer pluk- die onmoontlike probeer vermag | pluk / padda / vere |
| Dieselfde poeding met 'n ander sous- dieselfde ding in 'n ander vorm. | poeding / sous |
| Polities taamlik regs wees- polities neig om konserwatief te wees | polities / regs |
| Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou. | pot / skeef / deksel |
| Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)- ander word berispe vir foute wat jy self maak. | pot / verwyt / ketel |
| Praatjies vul geen gaatjies nie- met 'n blote gepraat rig 'n mens nie veel uit nie. | praatjies / gaatjies |
| Dis praatjies vir die vaak.- Dis onsin. | praatjies / vaak |
| Is Saul ook onder die profete?- skertsend gesê as jy iemand in 'n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie. | profete / saul |
| Hy pronk met anderman se vere.- Hy spog met iets wat nie syne is nie. | pronk / vere |
| Ek verkoop dit vir dieselfde prys waarvoor ek dit gekry het.- ek vertel dit net soos ek dit gehoor het | prys / verkoop |
Q
R
| Jou rammetjie-uitnek hou- jou grootman, windmakerig of parmantig hou. | rammetjie / uitnek |
| Eie reg gebruik- iets sonder wetlike goedkeuring doen. | reg |
| Hy is altyd links van die regering- hy is altyd teen die stroom op | regering / links |
| Polities taamlik regs wees- polities neig om konserwatief te wees | regs / polities |
| Daardie persoon is my regterhand- daardie persoon is my belangrikste hulp, my troue steun. | regterhand |
| Iemand met twee regterhande- iemand wat baie handig is. | regterhande |
| 'n Renons in iemand of iets hê- 'n groot teësin in iemand of iets hê. | renons |
| Die rieme neerlê- weghardloop, die loop neem. | rieme |
| Hy sal sy rieme styfloop.- Hy sal in die moeilikheid beland. | rieme |
| 'n Riemtelegram- 'n ongegronde gerug. | riemtelegram |
| Rinkink- baljaar, te kere gaan. | rinkink |
| Rus roes- van te veel rus versleg 'n mens | roes / rus |
| Daar is nooit 'n rokie nie of daar brand 'n vuurtjie / waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand- in elke skinderpraatjie steek daar 'n greintjie waarheid | rokie / vuurtjie |
| Rome is nie in een dag gebou nie- 'n groot werk kom nie in een dag tot stand nie | rome |
| Alle paaie lei na Rome- 'n mens kan jou doel op verskillende maniere bereik. | rome / paaie |
| Die ronde waarheid- die volle waarheid. | ronde / waarheid |
| Hoe rooier hoe mooier- rooi trek aandag. | rooier / mooier |
| Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie.- Daarvan sal jy nie genoeg verdien om 'n bestaan te maak nie. | rook / skoorsteen |
| Die lewe is nie net rosegeur en maanskyn nie.- Die lewe het ook maar sy moeilikhede. | rosegeur / maanskyn |
| Jou oor 'n dooie rot verheug- oorhaastig bly wees oor iets | rot / verheug |
| Iemand rot en kaal steel- al die besittings van iemand steel | rot / kaal / steel |
| My rug is breed- ek kan baie laste dra; ek kan baie verdra | rug / breed |
| Iemand in die rug steek- iemand in die geheim benadeel. | rug / steek |
| Iemand rugsteun- iemand sterk ondersteun | rugsteun |
| Rus roes- van te veel rus versleg 'n mens | rus / roes |
| Vroeg ryp, vroeg vrot- kinders wat te gou grootword, is ook gou niks werd nie. | ryp / vrot |
S
| Hy het die saak ter berde gebring- Hy het die saak opgehaal | saak / berde |
| Iemand uit die saal lig- iemand beroof van sy posisie | saal |
| Dis 'n hele sabbatsreis daarheen- dis ver soontoe. | sabbatsreis |
| Sak, Sarel .- moenie so oordryf nie. | sak / sarel |
| 'n Sak sout met iemand opeet- genoeg ondervinding saam met iemand opdoen sodat julle mekaar goed leer ken. | sak / sout |
| Gedane sake het geen keer nie.- As iets gedoen is, kan jy niks daaraan verander nie. | sake / gedane |
| Dis 'n vlieg in die salf.- Dis 'n klein moeilikheidjie wat die genot bederf. | salf / vlieg |
| Sak, Sarel .- moenie so oordryf nie. | sarel / sak |
| Is Saul ook onder die profete?- skertsend gesê as jy iemand in 'n kring (veral in goeie geselskap) aantref waar jy hom nie verwag nie. | saul / profete |
| Dis net die oortjies van die seekoei- wat aan ons bekend is, is slegs 'n baie klein deeltjie van die volle waarheid of die eintlike probleem | seekoei / oortjies |
| Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou- as jy slegte geselskap opsoek, word jy ook sleg | semels / varke |
| Hy stap met sy siel onder die arm rond.- Hy het niks te doen nie. | siel / arm |
| Hoe meer siele hoe meer vreugde- hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit | siele / vreugde |
| Soos 'n splinternuwe sikspens lyk- baie netjies en windmakerig aangetrek wees | sikspens / splinternuwe |
| Elke voël sing soos hy gebek is- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte | sing / voël / gebek |
| Iemand skaakmat sit- iemand so vaskeer (figuurlik) dat daar geen uitkomkans vir hom is nie. | skaakmat |
| Een brandsiek skaap steek die hele trop aan- een slegte mens kan die hele gemeenskap se ondergang beteken. | skaap / trop |
| 'n Wolf in skaapklere- 'n skynheilige mens. | skaapklere / wolf |
| Maak vir wolf skaapwagter- gee 'n onbetroubare persoon die verantwoordelikheid | skaapwagter / wolf |
| Deur skade en skande word 'n mens wys- deur sware ondervinding raak jy verstandig. | skade / skande / wys |
| Ver van jou goed, naby jou skade- as jy nie naby jou besittings is om 'n ogie daaroor te hou nie, word dit deur ander mense verniel. | skade / ver |
| Deur skade en skande word 'n mens wys- deur sware ondervinding raak jy verstandig. | skande / skade / wys |
| Al is 'n pot nog so skeef, hy kry 'n deksel- die lelikste mens kry tog iemand om mee te trou. | skeef / pot / deksel |
| Almal of alles oor een kam skeer- almal of alles op dieselfde manier behandel, sonder om enige onderskeid te maak | skeer / kam |
| 'n Tong soos 'n skeermes hê- bitsig en kwetsend in jou gesprekke wees | skeermes / tong |
| As dit pap reën, moet jy skep- benut die geleentheid terwyl dit daar is. | skep / pap |
| As die skoen jou pas, moet jy dit maar aantrek- as jy skuldig is, moet jy dit wat gesê is maar op jouself toepas | skoen / pas / aantrek |
| Hy weet waar die skoen hom druk.- Hy ken sy eie moeilikhede. | skoen |
| Moenie ou skoene weggooi voor jy nuwes het nie.- Moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe daar is nie. | skoene / weggooi |
| Die stoute skoene aantrek.- dapper iets aandurf. | skoene / stoute |
| Skoenmaker, hou jou by jou lees- bepaal jou by dit waarvan jy iets weet en moenie jou bemoei met dinge waarvan jy geen benul het nie | skoenmaker / lees |
| Die skone geslag- die vrou | skone |
| Hy klap uit die skool.- Hy verraai geheime. | skool / klap |
| Daarvan sal die skoorsteen nie rook nie.- Daarvan sal jy nie genoeg verdien om 'n bestaan te maak nie. | skoorsteen / rook |
| Skouer aan die wiel gooi.- daadwerklik optree | skouer / wiel |
| Daar is iewers 'n skroef los- daar skort iewers iets | skroef |
| 'n Skuifmeul kry- 'n kans kry om uit die moeilikheid te kom | skuifmeul |
| Met vlieënde vaandels slaag- met groot sukses slaag | slaag / vlieënde / vaandels |
| Slaags raak- baklei | slaags |
| Dis 'n goeie sluk op 'n bottel.- Dis baie | sluk / bottel |
| 'n Bitter pil om te sluk- 'n moeilike ding om te verwerk. | sluk / bitter / pil |
| Jou tande vir iets slyp- jou klaarmaak om iets te geniet. | slyp / tande |
| Jou dae in ledigheid slyt- nooit 'n steek werk verrig nie. | slyt / ledigheid |
| Die smal pad- die pad na die ewige lewe. | smal / pad |
| Hy is met snaar en tamboer vort- hy is te voet weg | snaar / tamboer |
| Moenie alles vir soetkoek opeet nie.- moenie alles glo nie | soetkoek / opeet |
| Een swaeltjie maak geen somer nie- een persoon kan nie veel uitrig nie / een goeie teken is nie genoeg nie | somer / swaeltjie |
| Son in die weste, luiaard op sy beste- as dit laat word, is die luiaard die fluksste | son / weste / luiaard / beste |
| Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie- hy is afgunstig | son / water |
| Die son trek water.- Dit word laat. | son / water |
| Dieselfde poeding met 'n ander sous- dieselfde ding in 'n ander vorm. | sous / poeding |
| 'n Sak sout met iemand opeet- genoeg ondervinding saam met iemand opdoen sodat julle mekaar goed leer ken. | sout / sak |
| Tweede viool speel- ondergeskik wees | speel / viool |
| Die spit afbyt- die gevaarlikste of moeilikste werk (of die vuil werk) doen. | spit / afbyt |
| Soos 'n splinternuwe sikspens lyk- baie netjies en windmakerig aangetrek wees | splinternuwe / sikspens |
| Met 'n stink spoed beweeg- vreeslik vinnig beweeg | spoed / stink |
| Dis 'n spyker in sy doodkis.- Dit sal sy dood verhaas. | spyker / doodkis |
| Iets staan iemand nie aan nie.- Iemand hou nie van iets nie. | staan / aan |
| Hy gee my 'n steek onder water.- Hy sê my op indirekte wyse sleg. | steek / water |
| Die argument hou nie meer steek nie- die argument geld nie meer nie. | steek / argument |
| Iemand in die rug steek- iemand in die geheim benadeel. | steek / rug |
| Iemand rot en kaal steel- al die besittings van iemand steel | steel / rot / kaal |
| Steen en been kla- baie kla | steen / been |
| Twee harde stene maal nie.- Twee hardkoppige mense kom nie goed oor die weg nie. | stene / maal |
| Vier stewels in die lug lê- onderstebo lê | stewels |
| Stiefmoederlik behandel- sleg behandel | stiefmoederlik |
| Met 'n stink spoed beweeg- vreeslik vinnig beweeg | stink / spoed |
| Iemand onder stof loop- iemand onderstebo loop of baasraak | stof |
| In die stof byt- sneuwel | stof |
| 'n Stofwolk opskop- vreeslik te kere gaan, maar niks uitrig nie | stofwolk |
| 'n Stok in die wiel steek- iets verhinder; iemand dwarsboom. | stok / wiel |
| Ons kon hom met stokke en swaarde nie wegkry nie- ons kon hom met geen mag ter wêreld wegkry nie | stokke / swaarde |
| Sy sit op stopland- sy is 'n oujongnooi | stopland |
| Die stoute skoene aantrek.- dapper iets aandurf. | stoute / skoene |
| Met die stroom saamgaan- slaafs doen wat die meerderheid doen of die tydgees navolg. | stroom |
| Die strop om die nek hê- pas getroud wees (grappige konteks) | strop / nek |
| Die strydbyl begrawe- vrede sluit. | strydbyl / begrawe |
| Die beste stuurlui staan aan wal- dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie | stuurlui / wal |
| Iets uit jou duim suig- iets versin. | suig / duim |
| Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor- klein kindertjies sê 'n ding soos hy is sonder om die waarheid te verbloem. | suigeling / waarheid |
| Agterstevoor suinig wees.- Geld te bespaar op klein dingetjies en dan bestee aan onnodige dinge. | suinig / agterstevoor |
| Dit sal jou suur bekom- jy sal daarvoor boet | suur |
| Ons kon hom met stokke en swaarde nie wegkry nie- ons kon hom met geen mag ter wêreld wegkry nie | swaarde / stokke |
| Een swaeltjie maak geen somer nie- een persoon kan nie veel uitrig nie / een goeie teken is nie genoeg nie | swaeltjie / somer |
| Jou brood in die sweet van jou aangesig eet- baie swaar 'n bestaan maak | sweet / brood / aangesig |
| Jou pêrels voor die swyne werp- iets vir iemand doen wat dit nie waardeer nie of wat dit nie werd is nie | swyne / pêrels |
T
| Ek het nog g'n taal of tyding ontvang nie- ek het niks gehoor nie | taal / tyding |
| Hy sit die takke in.- Hy hardloop weg. | takke |
| Hy is met snaar en tamboer vort- hy is te voet weg | tamboer / snaar |
| Iets met lang tande doen- iets teësinnig doen | tande / lang |
| Jy moet hare op jou tande hê- jy moet jou man kan staan. | tande / hare |
| Met 'n mond vol tande sit- beteuterd sit en niks praat nie. | tande / mond |
| Jou tande vir iets slyp- jou klaarmaak om iets te geniet. | tande / slyp |
| Die kinders sit en tande tel- die kinders sit en luister wat die grootmense praat. | tande / kinders |
| Hy laat nie op sy tone trap nie- hy laat nie oor hom baasspeel nie / beledig nie | tone / trap |
| 'n Tong soos 'n skeermes hê- bitsig en kwetsend in jou gesprekke wees | tong / skeermes |
| Hy slaan 'n hoë toon aan.- Hy verveel hom baie. | toon / hoë |
| Hy laat nie op sy tone trap nie- hy laat nie oor hom baasspeel nie / beledig nie | trap / tone |
| Daar moet 'n trekpleister wees- daar moet iemand wees na wie hy verlang | trekpleister |
| Van uitvra is die tronk vol.- Nuuskierigheid kan jou in die moeilikheid laat beland. | tronk |
| Een brandsiek skaap steek die hele trop aan- een slegte mens kan die hele gemeenskap se ondergang beteken. | trop / skaap |
| Trou is nie perdekoop nie- trou is 'n ernstige stap. | trou / perdekoop |
| Oos wes, tuis bes- in jou eie huis is jy die gelukkigste. | tuis / oos / wes |
| Sy turf sit- sy plan het misluk; hy kry dit nie reg nie | turf |
| Hy is ouer as twaalf- jy kan hom nie sommer fop nie. | twaalf / ouer |
| Jou twak is nat- jy sal dit nie regkry nie, dit sal misluk. | twak / nat |
| Ek het nog g'n taal of tyding ontvang nie- ek het niks gehoor nie | tyding / taal |
U
| Jy sit soos 'n uil op 'n kluit- jy sit daar so eensaam | uil / kluit |
| gaan 'n uiltjie knip- gaan bietjie slaap | uiltjie / knip |
| Sy is uitgeknip haar ma- sy lyk net soos haar ma | uitgeknip / ma |
| uithaal en wys- wys waartoe jy in staat is | uithaal / wys |
| Jou rammetjie-uitnek hou- jou grootman, windmakerig of parmantig hou. | uitnek / rammetjie |
| Heeltemal uitrafel- ongebonde te kere gaan. | uitrafel |
V
| Dis praatjies vir die vaak.- Dis onsin. | vaak / praatjies |
| Met vlieënde vaandels slaag- met groot sukses slaag | vaandels / vlieënde / slaag |
| Onder valse vlag vaar- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is | vaar / valse / vlag |
| Onder valse vlag vaar- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is | valse / vlag / vaar |
| 'n Ou voël met kaf probeer vang- 'n bedrewe persoon probeer kul | vang / voël / kaf |
| Meng jou met die semels, dan vreet die varke jou- as jy slegte geselskap opsoek, word jy ook sleg | varke / semels |
| Ver van jou goed, naby jou skade- as jy nie naby jou besittings is om 'n ogie daaroor te hou nie, word dit deur ander mense verniel. | ver / skade |
| Die vingers verbrand- in die moeilikheid kom | verbrand / vingers |
| Hy pronk met anderman se vere.- Hy spog met iets wat nie syne is nie. | vere / pronk |
| Van 'n padda vere probeer pluk- die onmoontlike probeer vermag | vere / padda / pluk |
| Jou oor 'n dooie rot verheug- oorhaastig bly wees oor iets | verheug / rot |
| Ek verkoop dit vir dieselfde prys waarvoor ek dit gekry het.- ek vertel dit net soos ek dit gehoor het | verkoop / prys |
| Iemand iets aan die verstand bring- iemand iets goed laat begryp | verstand |
| Die pot verwyt die ketel (dat hy swart is)- ander word berispe vir foute wat jy self maak. | verwyt / pot / ketel |
| Geen vinger verroer om iemand te help nie- niks doen om iemand te help nie | vinger / help |
| Hy lê die vinger op die wond.- Hy sê presies waar die fout lê. | vinger / wond |
| Hy het die mistrap deur die vingers gesien.- hy het toegelaat dat (die oortreding) gebeur, sonder om iets te doen | vingers / mistrap |
| Lang vingers hê- geneig wees om te steel | vingers |
| Iemand op die vingers tik- iemand berispe | vingers |
| My vingers jeuk om dit te doen- ek is baie lus om dit te doen | vingers |
| Die vingers verbrand- in die moeilikheid kom | vingers / verbrand |
| Dis vinkel en koljander (die een is soos die ander)- die twee dinge of mense is presies eenders (veral gesê van 'n identiese tweeling) | vinkel / koljander |
| Tweede viool speel- ondergeskik wees | viool / speel |
| Hy is vis nog vlees- hy kies nie openlik kant nie | vis / vlees |
| Onder valse vlag vaar- jou uitgee vir iemand anders as wat jy is | vlag / valse / vaar |
| Hy is vuur en vlam vir die saak- hy is baie geesdriftig vir die saak | vlam / vuur |
| Hy is vis nog vlees- hy kies nie openlik kant nie | vlees / vis |
| Hoër vlieg as jou vlerke lank is- te weelderig vir jou vermoë lewe; iets probeer doen wat bokant jou vermoë is; meer onderneem as waartoe jy in staat is | vlerke / vlieg |
| Vlerksleep by 'n meisie- by 'n meisie kuier om haar liefde te wen | vlerksleep / meisie |
| Vlieë vang- met 'n oop mond sit | vlieë |
| Twee vlieë in een klap geslaan- twee dinge deur een daad gedoen gekry | vlieë |
| Met vlieënde vaandels slaag- met groot sukses slaag | vlieënde / vaandels / slaag |
| Dis 'n vlieg in die salf.- Dis 'n klein moeilikheidjie wat die genot bederf. | vlieg / salf |
| Lyk soos 'n vlieg wat in karringmelk geval het- spierwit aangetrek wees | vlieg / karringmelk |
| Hoër vlieg as jou vlerke lank is- te weelderig vir jou vermoë lewe; iets probeer doen wat bokant jou vermoë is; meer onderneem as waartoe jy in staat is | vlieg / vlerke |
| As die vlooie byt, moet jy krap.- As dit nie anders kan nie, moet jy maar. | vlooie / byt |
| Een voël in die hand is beter as tien in die lug.- Dis beter om tevrede te wees met 'n bietjie waarvan jy seker is, as om baie waarvan jy onseker is in die hande te probeer kry. | voël / hand |
| 'n Ou voël met kaf probeer vang- 'n bedrewe persoon probeer kul | voël / kaf / vang |
| Elke voël sing soos hy gebek is- elkeen handel na sy aard en volgens sy eie insigte | voël / sing / gebek |
| Ons het 'n voëltjie hoor fluit / 'n windjie hoor waai- ons het so iets gehoor | voëltjie / windjie |
| Voet in die wind slaan, jou uit die voete maak- vinnig padgee, vlug | voet / wind |
| met die verkeerde been / voet uit die bed klim- in 'n slegte bui opstaan | voet / been / bed |
| Vra is vry en weier daarby- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word | vra / vry / weier |
| Hoe meer siele hoe meer vreugde- hoe meer mense daar is, hoe plesieriger gaan dit | vreugde / siele |
| Vroeg ryp, vroeg vrot- kinders wat te gou grootword, is ook gou niks werd nie. | vrot / ryp |
| Aan die vrugte ken 'n mens die boom.- Jou dade wys wie jy is. | vrugte / boom |
| Vra is vry en weier daarby- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word | vry / vra / weier |
| Daar sal paal en perk (aan hul vryheid ) gestel moet word- (hulle vryheid) sal beperk moet word | vryheid / paal / perk |
| Hy lag in sy vuis.- Hy lag stilletjies. | vuis / lag |
| Weet hoe die vurk in die hef steek- presies weet hoe sake staan | vurk / hef |
| Hy is vuur en vlam vir die saak- hy is baie geesdriftig vir die saak | vuur / vlam |
| Ek sit die naaste aan die vuur.- Ek is in 'n bevoorregte posisie. | vuur |
| Jou vuurdoop deurstaan- die moeilike aanvanklike toets slaag | vuurdoop / deurstaan |
| Daar is nooit 'n rokie nie of daar brand 'n vuurtjie / waar 'n rokie is, moet 'n vuurtjie brand- in elke skinderpraatjie steek daar 'n greintjie waarheid | vuurtjie / rokie |
| Dis net 'n vyeblaar.- Dis maar 'n voorwendsel om iets weg te steek. | vyeblaar |
W
| Voor op die wa wees- vrypostig wees. | wa |
| Om die waarheid te sê, moet ek lieg- ek kan werklik nie met sekerheid sê nie. | waarheid / lieg |
| Uit die mond van die suigeling sal jy die waarheid hoor- klein kindertjies sê 'n ding soos hy is sonder om die waarheid te verbloem. | waarheid / suigeling |
| Die ronde waarheid- die volle waarheid. | waarheid / ronde |
| Die beste stuurlui staan aan wal- dis maklik om ander te kritiseer as jy nie in hul posisie is nie | wal / stuurlui |
| Hy kom nie warm by die water nie.- Hy is uiters stadig. | warm / water |
| Hy dra water in 'n mandjie aan.- Hy probeer wat onmoontlik is. | water / mandjie |
| Hy hou darem nog kop bo water- hy sorg dat hy nie ondergaan nie | water / kop |
| Hy kom nie warm by die water nie.- Hy is uiters stadig. | water / warm |
| Hy gee my 'n steek onder water.- Hy sê my op indirekte wyse sleg. | water / steek |
| Die son trek water.- Dit word laat. | water / son |
| Hy kan nie sien dat die son in 'n ander se water skyn nie- hy is afgunstig | water / son |
| Dit staan soos 'n paal bo water- dit is duidelik en ongetwyfeld | water / paal |
| Ons wik en weeg nog- ons prakseer nog heen en weer voordat ons besluit | weeg / wik |
| Moenie ou skoene weggooi voor jy nuwes het nie.- Moenie van 'n ou ding ontslae raak voor die nuwe daar is nie. | weggooi / skoene |
| Vra is vry en weier daarby- jy mag wel enigiets vra, maar dit kan jou ook geweier word | weier / vra / vry |
| Aanhouer wen.- Deur aan te hou, bereik 'n mens jou doel. | wen / aanhouer |
| Oos wes, tuis bes- in jou eie huis is jy die gelukkigste. | wes / oos / tuis |
| Son in die weste, luiaard op sy beste- as dit laat word, is die luiaard die fluksste | weste / son / luiaard / beste |
| 'n Stok in die wiel steek- iets verhinder; iemand dwarsboom. | wiel / stok |
| Skouer aan die wiel gooi.- daadwerklik optree | wiel / skouer |
| Ons wik en weeg nog- ons prakseer nog heen en weer voordat ons besluit | wik / weeg |
| Die mens wik; God beskik- die mens oorweeg wel hoe om dinge te doen, maar God bestier ons weë. | wik / god |
| Voet in die wind slaan, jou uit die voete maak- vinnig padgee, vlug | wind / voet |
| Ons het 'n voëltjie hoor fluit / 'n windjie hoor waai- ons het so iets gehoor | windjie / voëltjie |
| Groot lawaai, weinig wol (meer lawaai as wol)- gesê van iemand wat baie praat, maar min doen. | wol / lawaai |
| 'n Wolf in skaapklere- 'n skynheilige mens. | wolf / skaapklere |
| Maak vir wolf skaapwagter- gee 'n onbetroubare persoon die verantwoordelikheid | wolf / skaapwagter |
| Hy lê die vinger op die wond.- Hy sê presies waar die fout lê. | wond / vinger |
| Hy voeg die daad by die woord.- Hy doen dadelik wat hy gesê het. | woord / daad |
| Wors in 'n hondestal soek- iets soek waar jy dit nie sal kry nie. | wors / hondestal |
| uithaal en wys- wys waartoe jy in staat is | wys / uithaal |
| Deur skade en skande word 'n mens wys- deur sware ondervinding raak jy verstandig. | wys / skade / skande |
| Van jou wysie af raak- gek word. | wysie |
X
Y
Z
Drop us a message, if we missed a word.
LEGAL CONTENT DISCLAIMER
The information contained on this website is aimed at providing members of the public with guidance on general terms. It is important to remember that terminology is constantly changing and although muntstuk.com strives to keep the information up to date and of high quality, it cannot be guaranteed that the information will be updated and/or be without errors or omissions. As a result, muntstuk.com, its employees, independent contractors, associates or third parties will under no circumstances accept liability or be held liable, for any innocent or negligent actions or omissions by muntstuk.com, which may result in any harm or liability flowing from the use of or the inability to use the information provided.